Sunday 16 November 2014

Openbaring #15: Die verborgenheid van die ongeregtigde


Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt:

Die verborgenheid van die ongeregtige, die mens van sonde, die seun van die verderf, die teenstaander, die wettelose …..die Antichris!!!

Die verborgenheid wat nie in die Ou Testament bekend was nie, is die feit dat die Antichris teegehou sal word.

Paulus het in sy brief aan die gemeente van Thessalonika bespreek die feit dat die wederkoms van Jesus Christus voorafgegaan sal word deur die verskyning of openbaarmaking van die seun van die verderf, anders genoem die wettelose een, anders dan ook in die toekoms geopenbaar as die Antichris.

2 Thess 2:1-10

Paulus waarsku “Laat niemand julle op enige manier mislei nie……..(vers 3a)

Paulus leer ons van die ongeregtige een, die mens van sonde, die seun van die verderf, die teestander (vers 3b-4a). In die verband weet ons dat Satan alreeds besig is met sy program van onwettigheid wat uiteindelik kulmineer in die verskyning van die wettelose een, die Antichris.

Paulus leer ons wat die ongeregtige gaan doen: Hy gaan hom bo God verhef, hy gaan in die tempel van God sit en voorgee dat hy God is (vers 4b)

Paulus leer ons wanneer die ongeregtige gaan verskyn: “Want die verborgenheid van die ongergtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teehou, uit die weg geruim is, en dan sal die ongeregtige geopenbaar word. (vers 7-8a)

Die Antichris se einde is bestem deur die blote verskyning van Jesus met Sy wederkoms (vers 8)

Die Antichris se verskyning sal wees deur die Satan se werking (vers 9). Ook kom Satan se werking tot reg deur die Antichris wie sal verskyn met groot magsvertoon (kragtige dade, tekens en wonders), alles geinspireer deur die vader van die leun (Joh 8:44).

Die Antichris kom met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan (vers 10)

Die goddelike oordeel word hier voorspel vir die volgelinge van die Antichris, omdat hul die liefde vir die waarheid nie verwelkom nie (vers 11-12)

In 2 Thessalonisense word duidelik die verborgenheid van die ongeregtigheid (Satan se werking van wetteloosheid) wat alreeds aan die werk is. Dit kulmineer in die verskyning van die wettelose een, die Antichris self gedurende die Groot Verdrukking. Die Antichrist sal deur die gelowiges in die middel van die Groot Verdrukking herken word as die wettelose een ( Antichris) wanneer hy homself in die Joodse tempel  sal sit en voorgee dat hy God is.

Antichris aanbidding sal in die tweede helfte van die 7 jaar verdrukking deur die Anitchris afgedwing word. (Op 13) Baie mense op aarde gaan verlei word deur wonders, tekens en kragtige dade wat die AntiChris gaan doen. As gevolg van die dwaling gaan baie ook dan die getal van die Antichris (666) ontvang (lojaliteit aan die Antichris) (Op 14:16-18) Dit verseker en verseel egter hul plek in die poel van vuur (hel) wat brand met vuur en swawel (Op 16:9-11).

Die wat die teken 666 weier om te aanvaar sal daardeur boet met hul lewens (die Martelare).

Oor die Martelare se die Woord die volgende “En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.  (Op 20:4)

In Op 7:13-17 lees ons van die Martelare wat as bloedgewastes deur die Lam voor die troon van God staan en verder verduidelik word as “hulle wat die stroom van gestorwenes is,  ’wat aan kom is’ vanuit die Groot Verdrukking”.

Openbaring 7 (..stroom van Martelare uit die groot verdukking..) toon dus duidelik dat die Heilige Gees gedurende die Groot Verdrukking nog steeds werksaam is deur saligheid (wedergeboorte) te bewerkstellig onder die mense (Jode en heidene).

Vir die rede  kan “hy wat nou teehou” (vers 7) nie die Heilige Gees wees nie, maar slegs die KERK

Met reg dan kan verse 7-8 soos volg verstaan word:

(6) En nou, julle weet wat hom teëhou (GEMEENTE/KERK), sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. (7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is (WEGGERAAP) (8) en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

 Al is “hy wat nou teehou” (die KERK) uit die weg geruim (2 Thess 2:7), en al doop die Heilige Gees  nie meer in ligaam van Christus (1 Kor 12:13) in die dae van die Groot Verdrukking nie ( wat die spesifieke bediening is vir die Kerk alleen), sal die Heilige Gees steeds voortgaan in Sy werk van wedergeboorte en verseeling (Joh 3:3-7, Ef 1:13-14, 2 Kor 1:21-23).

Volgende:  Die verborgenheid van die wegrapings gebeurtenis Lees hier

Lees gerus 1Kor 2:6 - 3:3, 4:6 waarin Paulus afsluit met die waarskuwing vir "die geestelike mens" om te bly in die geskrewe Woord: bestudeer dit en verstaan dan dit wat God beplan vir hierdie dispensasie of eeu.


No comments: