Thursday 13 November 2014

Openbaring #10b: Die verborgenheid van Israel se verwerping: Wie is die Jode wat GLO?

Die boek Openbaring en die verborgenhede in die Nuwe Testament mbt:


Die verharding van Israel .....vervolg...


1) Israel se verlede: Israel se roeping en vestiging in die Beloofde Land


Meer hieroor: Verwys "gelowige Jode wat GLO "


Verwys "gelowige Jode" na die Jode wat Jesus as Verlosser aanvaar?... 'n vraag gevra...


Die Antwoord..


Ons moet eerstens "gelowiges"onderskei as volg:


Heb 12:22-24 Maar julle het ’n berg Sion genader en ’n stad van die lewende God, hemelse Jerusalem, en tienduisende engele, 23 in algemene vergadering, en die gemeente van die eersgeborenes, wat in die hemele opgeskryf is, en God, die Regter van almal, en die geestelike lewens van regverdiges wat tot volmaaktheid gebring is, 24 en Jesus, die middelaar van ’n nuwe verbond, en die bloed van die besprinkeling, wat op ’n beter wyse as Abel se bloed spreek.


In die teks bo word daar na twee groepe verwys:


Die "gemeente van eersgeborenes": Dit is dan alle gelowiges wat na die kruisiging van Jesus in Hom ontslaap het (waarlik wedergeborenes), wie almal deel is van die ligaam van Christus, almal saam die bruid van Christus is, wat almal Nuwe Testamentiese gelowiges is. Hulle is die ware gemeente (Kerk) bestaande uit die totale groep verlostes wat almal na die opstanding van Jesus Christus uit die dood tot een ligaam gedoop is deur een Gees (1 Kor 12:13, Joh 20:22)


1 Kor 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.


Open 19:7 -9 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. 8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. 9 Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.


Die vrou van die Lam is die Kerk, die Bruid, die ligaam van Christus


Die genooides na die bruilofsmaal van die Lam is onder andere die Ou Testamentiese Heiliges en ook die Martelare vanuit die Groot Verdrukking (later meer hieroor tydens Openbaring lesings)


Dan derdens:


Die oorblyfsel ( my verwysing dan na die fisieke geslag vanuit Israel wat GLO) is niks anders as die ware oorblyfsel van Israel, die Jode aan die einde van die Groot verdrukking wat tot redding kom, wat ook bekend is as die nasionale wedergeboorte van Israel (Lev 26:40-43, Matt 23:37-39).


Daar kom dus n nasionale belydenis van Israel se sonde en 'n smeking vir die verskyning van die Messias aan die einde van die Groot Verdrukking.


Dit lei tot die redding van die oorblyfsel van Israel, wat 'n vervulling sal wees van Rom 11:25-27 (later meer hieroor tydens Openbaring lesings)


Volgende nog steeds Israel se verwerping verduidelik (Rom 9:30-10:21) Lees hier

No comments: