Thursday 13 November 2014

Openbaring #13: Die verborgenheid van Israel se vertroosting maw Israel se toekoms


Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt:


Die verharding van Israel…… (Afgehandel die lesing oor Israel se verlede) nl:...
 

Israel se verwerping Rom 9:1-29 Lees hier
Wie is die Joide wat glo? Lees hier
  
Israel se verwerping verduidelik Rom 9:30 – 10:21 Lees hier


Ook afgehandel: Die verharding van Israel…… (Die lesing oor Israel se HEDE)


Israel se internationale verstrooing weens ongeloof Rom 11 : 1-15 Lees hier


Nou laastens: Israel se eindtydse herstel in hul eie land (Die lesing oor Israel se TOEKOMS)


Rom 11: 16-32
Weereens om beter te verstaan kan hierdie gedeelte in nog 2 ondeskeie onderafdelings bespreek word.


1) Rom 11:16-24: Paulus gebruik die illustrasie van die Olyfboom. Die Olyfboom is Israel se boom en bly die basis tot die Abrahamiese verbond en seeninge asook die volk Israel se toekomstige saligheid. Israel of te wel die Jode, of die Joodse volk, word dan as sulks voorgestel deur die natuurlike olyftakke, die heidene andersins as die wilde olyftakke. Die boom verteenwoordig dus die plek van geestelike seeninge waarvan beide die Joodse gelowiges en die heidense gelowiges nou deelagtig is.


Die verse handel uitsluitlik oor die nationaliteit van Jode en heidene, nie individuele saligheid nie en beide Jode of heidene kan van die plek van seeninge verwyder word.


Die boom bly uiteraard die boom van Israel en Israel sal volgens Paulus wel weer ingeent word, want God is magtig om dit te doen. Israel sal dus wel weer as ‘n volk ingeent wees en die geestelike seeninginge ontvang wat dit toekom.


2) Rom 11: 25-32: Paulus behandel die verborgenheid wat in vers 25 beskryf word. Eerstens is die verharding van Israel gedeeltelik (daar sal ‘n oorblyfsel wees). Tweedens is die verharding van Israel tydelik. (totdat die volheid van die heidene ingegaan is). Hierdie verborgenheid is nie in die Ou Testament geopenbaar nie, maar wel eers in die Nuwe Testament. Wanneer die volle getal van die heide ingegaan is (net God weet wanneer) , dan sal die die hele Israel (die oorblyfsel) gered word; daar sal verseker wel ‘n toekomstige nationale saligheid van Israel plaasvind.


Dit gebeur dan aan die einde van die Groot Verdrukking (aan die einde van die 70ste week van Daniel).


Intussen is Israel (die verharde deel) se stand een van wat die evangelie teenstaan: Israel is vyande terwille van julle ( die gelowiges van Jesus Christus).


Paulus sluit die gedeelte af met die volgende / beroemde lofsang: Rom 11:33-36


O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! (34) Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? (35) Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? (36) Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.


Hierdie dan nog steeds ten doel om te deel dat die KERK NIE ISRAEL VERVANG NIE

No comments: