Tuesday 6 January 2015

Openbaring #23: Die Antichris (sy naam (en wie hy is) is onmoontlik om vooruit te weet)

Die boek Openbaring mbt verstaan van die komende Antichris

Daar is verskeie skrifte wat die openbaarmaking en die werking van die komende Antichris verduidelik:

Dan 9:27  En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Die Engel Gabriel openbaar aan Daniel die mate van straf wat Israel moet ondergaan, naamlik die laaste week ('n profetiese week van jare), dus 7 jaar , dus die Verdrukking / Groot Verdrukking van 7 jaar (een profeties week van jare) wat nog toekomstig is. Hierdie Groot Verdukking (Op 6-18) MOET nog gebeur om te volbring wat in Dan 9:24 uiteengele word as die mate straf bepaal oor Israel en sy heilige stad, Jerusalem.

Dan 9:27  "En hy sal" ..... Wie is die Hy? 

As ons se dit is die AntiChris; waar kry ons die naam Antichris in die Bybel?


1Jn 2:18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

1Jn 2:22  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.

Die Antichris, is ook anders bekend as verskeie ander name, titles en beskrywings in die Bybel:

'n Ander horinkie (Dan 7:8)
'n Vors wat kom (Dan 9:26)
'n Verwoester (Dan 9:27)
Die mens van sonde (2 Thess 2:3)
Die seun van die verderf (2 Thess 2:3)
Die teestander (2 Thess 2:4)
Die ongeregtige (wettelose een) (2 Thess 2:8)
Die Antichris (1 Joh 2:22)
Die dier (Op 13:4, 14)

Die volgende skrifte maak almal verwysing na die persoon, die Antichris, wat homself in die middel van die 7 jaar homself  "bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is" (2 Thess 2:3)

Dan 9:27  En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— ...dit dan juis die terugverwysing na 

Dan 9:27:  "en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou"

Dan is daar Openbaring 13 : 1-9


(Op 13:9)  "As iemand ‘n oor het, laat hom hoor"....

Miskien moet dit eerder lees "As iemand 'n oog het, laat hom lees"?

Wie is  die dier van Openbaring 13?


(Op 13:1)  En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

"En ek het ‘n dier uit die see sien opkom"......

"uit die see" = die wereld se "volke en menigtes en nasies en tale" (Op 17:15 ) en die dier wat dus "uit die see opkom" simboliseer die komende herleefde Romeinse koninkryk en dus ook die persoon, die Antichris wat dan sal tevoorskyn kom as heerser vanuit die herleefde Romeinse Koninkryk.

"met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe"....

Die dier uit die see stel ook voor die komende aardse politieke en oorlogsmag van verskillende lande (state) voor, almal onder mag en gesag van die komende Antichris. Op 17:17  Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.  

die "sewe koppe" beeld sewe wereldregerings uit die geskiedenis van Israel: die Antichris word gegee all mag en gesag oor die wereldregerings.

die "tien horings" dit is die 10 nasies van die ou Romeinse ryk: Die Antichris verkry all mag en gesag oor die 10 nasies ( sien die 10 tone , die herleefde Romeinse Ryk, Daniel 2)

die "tien krone"  krone is 'n aanduiding van heerskappy : die Antchris kom om te heers en te regeer!

Daar sal dus 'n sameswerking tussen al die ou koninkryke wees wat hul mag en gesag met die van die Antichris saamsnoer.

Hoekom word die Antichris 'n dier genoem?


Dr. Auberlen het gese: " Sonder diviniteit (goddelikheid) sink die humaniteit (menslikheid) tot bestialiteit (dierlikheid)...dit geld in die algemeen vir die mensheid, maar veral vir die Antichris. Nebukadnesar was deur God 'n dierhart gegee (Dan 4:31-33), hoeveel te meer sal die Antichris dierlik wees!?

Die Antichris wat "vanuit die see" , vanuit die wereld,  gaan opstaan, sal alle nasies in opstand bring teenoor God. Vanuit God se oogpunt sal die mense op aarde soos wilde diere op aarde regeer.

(Op 13:2)  En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

"en sy bek soos die bek van ‘n leeu"... (Dan 7:4): Nebukadneser se beeld (Dan 2), die hoof van goud, Babilon

"en sy pote soos dié van ‘n beer"...(Dan 7:5):Nebukadneser se beeld (Dan 2), die borskas en arms van silver, Mede en Perse

"was soos ‘n luiperd".... (Dan 7:6): Nebukadneser se beeld (Dan 2), die buik van koper, Griekeland (Die koninkryk van Griekeland het baie vermag in 'n kort bestek van tyd)

 ...."en kyk, daar was ‘n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad...(Dan 7:7): Nebukadneser se beeld (Dan 2), die bene van yster, die herleefde Romeinse Ryk

Uit hierdie koninkryke sal kom die Antichris en waar hy sy mag sal gekonsentreer.

"en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag."....die mag en krag en gesag sal aan die Antichris gegee word deur Satan self en die Antichris sal die karaktertrekke en einskappe soortgelyk aan al die diere besit.

Ons sien dus hier niks anders as die troonbestyging van die Antichris op aarde.

Die Antichris sal beheer he oor die 10 koninkryke van die ou Romeninse Ryk wat dan ten tye van die middel van die Groot Verdrukking dan niks anders sal wees as die herleefde Romeinse Ryk.

(Op 13:4)  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? (Op 13:5) En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. (Op 13:6)  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

(Op 13:4) "En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? ": Duiwelaanbidding en aanbidding gerig tot die Antichris sal hoogty vier. Die Antichris sal homself mos "bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is" (2 Thess 2:3; Dan 9:27 ; Mat 24:15 , Op 13:8)

(Op 13:5a) "En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek"...Hierdie identifiseer die Antichris as dieselfde persoon as van 2 Thess 2:3-10. Net onder die toegelate wil van God word dit toegelaat i.e. die Antichris is die een "wat groot woorde en godslasteringe uitspreek" (Op 13:5), "En 'n  mond wat groot dinge spreek (Dan 7:8),  "En teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek" (Dan 11:36)

(Op 13:5b) "en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen" .....dit is die uitgemete tyd toegelaat deur GOD. Die Antichris sal regeer net vir " 'n tyd, tye en 'n halwe tyd"  maw  'n jaar, 2 jaar en 'n halwe jaar = 3.5 jaar (Dan 7:25; 12:7, Op 12:14) = 42 maande (Op 11:2; 13:5) =  1260 dae (Op 11:3; 12:6). Hierdie tyd (3.5 jaar ), die laaste 3.5 jaar van die  Groot Verdrukking is dan die tyd wanneer die Antichris sy oorlog sal uitvoer teenoor "die heiliges (die JODE) en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie (die Gelowiges). (Op 13:7)

(Op 13:6)  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

Die Antichris sal geopenbaar word na die wegraping van die Kerk. Dan sal sy "loopbaan" as vredemaker begin (Op 6:2)  en hy sal daarin slaag om die Israelies - Arabiese probleem "op te los" deur 'n paket van 'n 7 jaar-verbond saam te stel wat die Joode se belange "sal beskerm" (Dan 9:27). Hierdie beskerming sal die nasie instaat stel om die tempel te herbou (die tempel se bou te voltooi?) en die godsdiens-rituele weer in te stel. (Dan 9:27, Op 11:1). In die middel van die 7 jaar periode (Op 10-13) sal die Antichris egter sy verbond verbreek, die offerstelsel in die tempel tot niet maak en homself as god verhef in die tempel (Dan 9:27, 2 Tess 2:3-4). Die Antichris sal teen God optree. Die Antchris sal "sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster" (Op 13:6)

Op 13:7  Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.

Weereens. net onder die toegelate wil van God sal die Antichris toegelaat word om die "heiliges" (Jode) te vervolg en word hy ook toegelaat om "hulle te oorwin".

Onder die mag en gesag van Satan sal die Antichris voorspoedig wees. Die Antichris sal ontaard in die wreedste militere diktator denkbaar wat die wereld nog ooit gesien het. Die Antichris sal wereldoorheersing nastreef, wat natuurlik nie sal slaag nie, God sal dit nie toelaat nie.

Mat 24:21  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Mat 24:22  En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Gedurende die Groot Verdrukking sal dit die donkerste uur vir Israel wees; twee derdes van alle Jode in Israel sal binne die laaste 3.5 jaar van die 7 jaar Groot Verdrukking vervolg en doodgemaak word (Sag 13:8-9)

Op 13:9  As iemand ‘n oor het, laat hom hoor. Op 13:10  As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.

Dit is niks anders as die vervulling van Jermia 15:2. Hiervolgnes is dit geopenbaar wat die Antichris met die volk van Israel gaan doen; die Antichris gaan hulle vervolg met gevangenskap en met die swaard (oorlog).

Wie is die Antichris?

Rev 13:18  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig. 

Daar is 'n verband tussed wysheid en verstand
Wie sy denke inspan, vind wysheid en die oplossing

Rev 13:17  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier (die Antichris) of die getal van sy naam het

"wat die merk" Die Skrif gee geen aanduiding van die merk. Bespiegeling is nodeloos

"naam van die dier" Watter naam gebruik sal word is nie duidelik nie

"getal van sy naam" Dit is wel gegee. Dit is " die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig" (Op 13:18). 

Die ontvang van die getal of nommer van die Antichris is as identifisering met hom.

Dit spreek nie van 'n kredietkaart, bank-sisteem, kontantlose geldstelsel of rekenaars nie,

WANT ALMAL onder die mag van die Antichris het DIESELFDE nommer.

Daar is 22 letters in die Hebreeuse alfabet en in numeriese waarde soos volg: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 20, 30, 40, 50, 60, 70, 80, 90, 100, 200, 300, 400

Elke mens se naam in Hebreeus het dus 'n numeriese waarde.

Wat ookal die naam van die Antichris sal wees, die numeries waarde daarvan sal wees 666.

Omdat 'n nommer van verskillende berekeninge 666 kan ewenaar, is dit ONMOONTLIK on die Antichris se naam vooruit te weet.

Wanneer sal die Antichris kom?

Die komende Antichris sal te voorskyn kom met groot magsvertoon, dit is kragtige dade, tekens en wonders met die uitsluitlike doel om mense te verlei.

Ons weet dat die koms van die komende Antichris 'n verborgenheid is. En die verborgenheid is juis die feit dat die koms van die Antichris teegehou sal word.

Die teenwoordigheid van die Kerk van Jesus Christus op aarde is die teehouer, en na die wegraping van die Kerk op die oomblik en tyd alleen aan God bekend, dan sal die teehouding ophou en dan sal die "wettelose een", die komende Antichris self op aarde geopenbaar word.

2Th 2:5  (5) Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? (6)  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. (7)  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; (8)  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

"En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word". (2Th 2:6)

Openbaring 7:14 (..die stroom van Martelare uit die groot verdukking..) toon  duidelik dat die Heilige Gees gedurende die Groot Verdrukking nog steeds werksaam is deur saligheid (wedergeboorte) te bewerkstellig onder die mense (Jode en heidene) en vir die rede  kan “wat hom teëhou” (vers 7) nie die Heilige Gees wees nie, maar slegs die KERK.

Met reg dan kan verse 7-8 soos volg verstaan word:

2Th 2:7  (7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou (DIE BRUID/KERK), uit die weg geruim (WEGGERAAP) is; (8)  en dan sal die ongeregtige (die ANTICHRIS) geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak

Mat 25:5  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

"die bruidegom talm om te kom" die wederkoms van Christus om sy Bruid (Kerk) te kom haal is totaal onbekend, die dag en datum of tyd is aan niemand anders as God bekend nie.

Rom 11:25  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

"dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het".......die afgeronde getal wat die Bruid (Kerk) sal verteenwoordig is slegs aan God bekend, en...

"die moment wanneer "ie volheid van die heidene ingegaan het" is die moment wanneer die wegraping van die Bruid (Kerk) sal geskied, en....

Daarna....sal die Antichris geopenbaar word / op die toneel verskyn (2 Thess 2:7-8)

2Th 2:7  (7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou (DIE BRUID/KERK), uit die weg geruim (WEGGERAAP) is; (8) en dan sal die ongeregtige (die ANTICHRIS) geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak

Opgesom Openbaring 13 dan mbt die Antichris:

Die Antchris is 'n man (Op 13:8)
Hy tree na vore uit die mensdom (Op 13:1)
Hy word heerser oor die 10 koninkryke wat genoem word die herleefde Romeinse Ryk (Dan 7:243-25)
Hy sal die ou Griekse Ryk (die Luiperd) laat herleef (Dan 7:6, Op 13:2)
Hy sal ook die "dierlike" karaktertrekke he van Mede en Perse (die Beer) - (Dan 7:5, Op 13:2) en Babilon (die Leeu) - (Dan 7:4, Op 13:2)
Hy word heerser oor die gebied van die 7 koninkryke / sewe koppe (Op 13:1, Op 17)
Hy ontvang sy krag en mag van Satan (2 Thess 2:4, Op 13:2)
Hy sal aanbid word deur mense (2 Thess 2:4, Op 13:4)
Hy sal sy mag vir 42 maande, 3.5 jaar ontvang (Op 13:5)
Hy is 'n godslasteraar (Op 13:6)
Hy maak oorlog teen die Jode (Heiliges) en Christene (Op 13:7, 14:12-13)
Hy ken net die god van oorlog (Dan 11:38-39, Op 13:4,7)
Hy sien toe onder die invloed van die valse profeet dat die mens die 666 ontvang (Op 13:17-18)

Wat die kinders van God betref: ons is verseker dat gedurende die Kerk bedeling word ons, sal ons, deur die gees van die Antichris teegestaan word.


Hierdie is alles maar 'n voorloper van die eindtyd openbaring van die een enkele persoon, die Antichris.

Die Apostel Johannes het dus ook geskrywe:

1Jn 2:18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

1Jn 4:2  Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; 1Jn 4:3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard ( met toestemming hiermee opgesom)

No comments: