Sunday 25 January 2015

Openbaring #29: Openbaring 1 (Deel4b): Die verrese (resin) Jesus Christus


Openbaring 1 (Deel 4a): Die verrese (resin) Here Jesus Christus 

(Op 1:12-18) 

Die dinge wat jy gesien het (Deel 2/2)

Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur


Johannes draai, sien en skryf dan neer 'n series van beskrywings en openbarings van Jesus Christus. Hy sien Jesus, in all Sy heerlikheid, inderdaad in sy rol vandag as ons Hoe Priester, te midde van 7 kandelare, dit is die 7 Gemeentes, en in Sy regterhand hou Jesus vas 7 sterre (engele), dit is die boodskappers / leerraars van die 7 Gemeentes (Rev 1: 20).

Op 1:12-16 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,  (13)  en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.  (14)  Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,  (15)  en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.  (16)  En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Jesus gee Johannes, en ons vandag, die versekering dat Jesus van die begin af aan bestaan, Jesus is die Begin en die Einde. Jesus het die dood oorwin, Jesus lewe vir ewig!

Op 1:17-18 En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste  (18)  en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Hierdie dan 5/5 mbt Openbaring 1:

Die inleiding tot Openbaring: Lees hier
Die tema van Openbaring: Lees hier
Die groete aan die 7 Gemeentes:  Lees hier
Johannes die Apostel verban op Patmos:   Lees hier
Die verrese (risen) Jesus Christus:  Hierdie skrywe

Volgende: Openbaring 2-3: Die 7 Gemeentes - 'n inleiding: Lees hier

No comments: