Thursday 26 February 2015

Openbaring #37 Openbaring 6: Die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking

Paulus lig dit ook uit in 2 Thess 2:6-8 dat die Kerk weggeraap moet word voor die Groot Verdrukking en VOOR die openbaarmaking van die Antichris


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking: Hierdie skrywe

Die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking

Paulus in sy skrywe (Efesiers 3:1-13) stel dit duidelik dat die gemeente (die Kerk) 'n verborgenheid was wat nie in ander tye (Ou Testament) bekend gemaak was nie, soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, en dat dit van alle eeue af verborge was in God.

Vanwee die feit dat die gemeente (die Kerk) dus nog 'n verborgenheid was ten tye van Jesus se diskoers in Mattheus 24 & 25,

EN dat die twee hoofstukke primer oor Israel handel,

DAN Sluit die twee hoofstukke die Kerk geheel en al uit

EN GEEN argument / siening kan dus vanuit die twee hoofstukke aangebied word om aan te dui dat die Kerk die Groot Verdrukking deur sal gaan nie.

Paulus stel dit ook duidelik in 1 Thess 1:10 dat Jesus met sy wederkoms, met die wegraping van die Kerk, "ons van toekomstige toorn (sal) verlos"

Paulus skryf ook verder 1 Thess 5:9  " want God het ons nie bestem to toorn nie, maar om saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus"

Die "toorn" waarna Paulus verwys word in Mat 24 &; 25, Luk 21 en Op 6 geopenbaar as die Groot Verdrukking.

Paulus lig dit ook uit in 2 Thess 2:6-8 dat die Kerk weggeraap moet word voor die Groot Verdrukking en VOOR die openbaarmaking van die Antichris "En nou, julle weet hy (die Kerk) wat hom (die Antichris) teehou, sodat hy ( die Antichris) op sy tyd geopenbaar kan word"

Maak die Antichris sy verskyning aan die begin, in die middel of aan die einde van die Groot Verdrukking?

Daniel 9:27 gee die duidelike verklaring dat die Antichris sy verskyning aan die begin van die week (die begin van die Groot Verdrukking) gaan maak.

Dus

Die Kerk moet weggeraap word voor die openbaarmaking van die Antichris (Op 4:1)
Die Antichris sal geopenbaar word na die wegraping van die Kerk (Op 6:1)
Die Antichris sal aan die begin van die Groot Verdrukking  geopenbaar word (Op 6:1)
Die Kerk word weggeraap aan die begin van die Groot Verdrukking (Op 4:1)
Die Kerk sal nie deur die Groot Verdrukking gaan nie

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier

No comments: