Wednesday 4 November 2015

Openbaring#38: Openbaring 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele)

Die 7 jaar Verdrukking (die Groot Verdrukking) KAN NIE begin voordat onse Here Jesus, die Lam van God, die boek neem uit die hande van Hom (GOD) wat op die troon sit nie


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Hierdie skrywe


Die 7 Seels (eerste reeks van oordele)

Op. 6:1  En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!

Die 7 jaar Verdrukking (die Groot Verdrukking) KAN NIE begin voordat onse Here Jesus, die Lam van God, die boek neem uit die hande van Hom (GOD) wat op die troon sit nie.

Die  breek of oopmaak van die seels open die testament van die toekoms.

Slegs dan sal 'n nuwe tydvak daardeur ingelei word, naamlik die 7 jaar van Verdrukking.

Die seels word een vir een oopgemaak en wanneer die 7de seel opgemaak word, begin die volgende reeks gebeure - die 7 basuine (Op. 8:7-Op. 11).

Seel 1 - Wit Perd; Oorwinnaar om te oorwin (Op. 6:1 -2)

Seel 2 - Vuurrooi Perd; Oorlog (Op. 6:3-4)

Seel 3 - Swart Perd; Hongersnood (Op. 6:5-6)

Seel 4 - Vaal perd; Dood (Op. 6:7 - 8)

Seel 5 - Die Martelare (Op.6:9 - 11)

Seel 6 - Oordele oor die aarde en die mensdom (Op. 6:12-17)

Seel 7 - Stilte in die Hemel, as inleiding tot die 7 basuine (Op. 8:1)

Neem kennis dat tussen die 6de seel (Op. 6:12-17) en die 7de seel (Op.8:1) daar 'n parentese invoegings is (Op. 7:1-17)

Hierdie parentese gedeelte (Op 7:1-17) gee dus addisionele inligting toevoegings tot die kronologiese orde van die  Verdrukking. (Op. 6:1-Rev. 18:24)

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier

No comments: