Thursday 5 November 2015

Openbaring#45: Openbaring 7 Die 144 000 Jode


ʼn Baie belangrike gebeurtenis wat aan die begin van die Groot Verdrukking net ná die openbaring van die Antichris sal plaasvind, is die redding van die 144 000 Jode, en hul afsondering vir die diens van die Here.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Hierdie skrywe


Openbaring 7: 1-8

ʼn Baie belangrike gebeurtenis wat aan die begin van die Groot Verdrukking net ná die openbaring van die Antichris sal plaasvind, is die redding van die 144 000 Jode, en hul afsondering vir die diens van die Here.

Die 144 000 is die eerste groep wat deel van die geestelike herstel van die volk van Israel sal uitmaak in die dae van die Verdrukking.

Die bediening van die 144 000 sal plaasvind reg deur die hele eerste helfte van die Groot Verdrukking.

Die vier engele aan wie dit gegee is om die oordele oor die aarde en die see te bring, word beveel om nie hul vernietigingswerk te begin voordat ʼn spesifieke getal diensknegte uit Israel verseël is nie.

Die 144 000 Jode word verseël omdat hulle aan God behoort en ook onder ʼn spesifieke opdrag staan.

Hierdie 144 000 word verseël op hul voorhoof.

Hierdie verseëldes word beskerm sodat hulle nie deur die oordele wat in die eerste helfte van die Groot Verdrukking uitgestort word, fisiek sal skade ly nie, soos wat ons sien gebeur tydens die vervolging van die martelare.

Verseël vir hul beskerming en dienswerk sal die 144 000 die evangelie van Jesus Christus onbevrees verkondig gedurende die eerste helfte van die Verdrukking.

Hierdie 144 000 verseëldes word duidelik geïdentifiseer as dat hulle komende is uit die twaalf stamme van Israel.

Die redding van die 144 000 vind plaas ná die bedeling van die kerk, dus ná die wegraping.

Hierdie groep se volks- en stam identiteit word sterk beklemtoon.

Hulle is uit die volk Israel, twaalf duisend uit elk van die twaalf stamme van Israel.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 7 Die uitgereddes uit all nasies: Lees hier

No comments: