Thursday 5 November 2015

Openbaring#46: Openbaring 7 Die uitgereddes uit alle nasies


ʼn Menigte mense uit alle nasies kom tot bekering in die eerste helfte van die Verdrukking.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Hierdie skrywe


Openbaring 7: 9-17

Die gereddes kom uit al die heidennasies op aarde in teenstelling met die gereddes uit Israel (die 144 000).

Hierdie groot groep saliges het uit die Groot Verdrukking gekom (Op 7:14)

ʼn Menigte mense uit alle nasies kom tot bekering in die eerste helfte van die Verdrukking.

Hulle staan voor die troon en voor die Lam.

Hulle is dus veilig en beskermd.

Die wit klere spreek van saligheid (Op 7:14),

die palmtakke spreek van oorwinning.

Met ʼn groot stem het hulle uitgeroep: Heil aan onse God wat op die troon sit en aan die Lam.

Hulle gee heerlikheid en eer aan die Vader sowel as die Lam.

Hier is ʼn saligheidsbelydenis en ʼn saligheidsvreugde, want hul verlossing is bewerkstellig deur die bloed van die Lam (Op 7:14).

Jesus Christus die Lam wat die seëls oopmaak word nou grootliks vereer deur dié menigte.

Die identiteit word nou bekendgemaak van hierdie ontelbare groot menigte in die hemel.

Op die vraag wie hulle is en waarvandaan hulle gekom het, is die antwoord: Bloedgewastes uit die Groot Verdrukking.

Hul is gereddes uit die Verdrukking! (Op 7:14)

Die oorspronklike teksvorm lees, wat aan kom is, wat letterlik beteken dat die stroom mense wat uit die Groot Verdrukking kom, vloei steeds.

Baie, baie mense sal in dié tydperk gered word, maar teen ʼn groot prys – hulle betaal almal met hul lewe.

Hulle het gesterf vir hul geloof en deur die oordele van die seëls.

Ons moenie die oordele geringskat nie. Jesus Christus het gesê: Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie (Matt. 24:21).

Lyding en vervolging is onafwendbaar vir hierdie martelare in die dae van die Groot Verdrukking.

Hierdie gelowiges uit die eerste helfte van die Verdrukking word nou beskerm en is veilig in die teenwoordigheid van God (Op 7:15-17).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 7 saamgevat: Lees hier

No comments: