Friday 6 November 2015

Openbaring#48: Openbaring 8: Die oopmaak van die 7de Seel


Met die oopmaak van die 7de Seel (Op 8:1) lei tot die die sewe blaas van die 7 basuine (Op 8:6).


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Hierdie skrywe


Openbaring 8: 1-6

Met die oopmaak van die 7de Seel (Op 8:1) lei tot die die sewe blaas van die 7 basuine (Op 8:6).

Eerstens is daar 'n stilte van omtrent ʼn halfuur in die hemel tot gevolg. Dit is niks anders as 'n gewyde stilte : die heilige oordele van God in in die dae van die Groot Verdrukking gaan met die blaas van die basuine volbring word.

Die eerste vier basuine (Op 8: 7-12) het ʼn gedeeltelik, ekologiese ineenstorting op die aarde tot gevolg ('n derde).

Baie mense en diere sal as gevolg hiervan sterf.

Rev 8:1 En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank.

Die stilte wat die opening van die sewende seël tot gevolg het getuig van die meelewing van alle hemelse wesens met die mense op aarde.

Die voorspel tot die verskriklike oordele wat onder die basuine van die engele gaan volg, word hier sterk uitgebeeld

Die engele staan in die teenwoordigheid van God, dit is dus God wat nou bonatuurlik gaan optree deur middel van die gebeure wat sal volg wanneer die basuine geblaas word.

Elkeen van die sewe engele wat voor God staan, ontvang elk ʼn basuin.

Die basuin-oordele word losgelaat gedurende die eerste helfte van die Verdrukking

Volgens Numeri 10 het basuine (trompette) drie belangrike doeleindes gehad.

Eerstens, hulle het God se mense saamgebring wanneer daarop geblaas is (Num. 10:1-8);

tweedens, hulle het oorlog aangekondig (Num. 10:9);

derdens, spesiale dae en geleenthede was aangekondig (Num. 10:10).

Voor die eerste engel sy basuin blaas (Op 7:6) sien Johannes egter 'n ander engel 'n goue wierookbak voor God gebring (Op 8:3).

Hierdie goue wierookbak vol reukwerk wat die gebede van die heiliges is (Op. 5:8), en die rook van die reukwerk het saam uit die hand van die engel voor God opgegaan.

Johannes was terdeë bewus van die feit dat die gebede van die heiliges voor God oordeel en vergelding bring oor die aardbewoners, in die besonder oor hulle wat die heiliges mishandel en groot lyding aangedoen het (Op. 16:4-7; 10-11; 19:2).

As antwoord van God se kant word die wierookbak met vuur volgemaak en op die aarde gegooi. God oordeel met vuur. Die vuur wat op die aarde val, het vier gebeure tot gevolg:

Rev 8:4 en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.

Stemme op die aarde – ons vind op die aarde verwardheid, radeloosheid en kranksinnigheid;

donderslae, oor die aarde klink die dreuning van donderslae;

weerligte, dit spreek van die krag en almag van God; en

aardbewings, dié kloof die aarde oop en skud die aarde tot in sy fondamente.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 8 Die eerste trompet: Lees hier

No comments: