Friday 6 November 2015

Openbaring#50: Openbaring 8: Die blaas van die 2de basuin


Brandende meteoriete, asteroïedes of stukke van ʼn komeet wat in die aarde se atmosfeer weens hitte aan die brand slaan en die Middellandse See tref, bring onmeetlike skade in die koninkryk van die Antichris.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Hierdie skrywe


Openbaring 8: 8-9

Rev 8:6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.

Die feit dat die engele hulle gereedmaak om te blaas, beteken die oordeel kom vir seker en die tyd vir die oordeel om te kom, het aangebreek.

Rev 8:8 En die tweede engel het geblaas, en iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ‘n derde van die see het bloed geword, Rev 8:9 en ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ‘n derde van die skepe het vergaan.

Die Here God het dieselfde gedoen in Egipteland toe die Nylrivier en die waterfonteine bloed geword het (Ex. 7:19- 25).

Volgens die Skrif nie ʼn brandende berg nie, maar iets soos ʼn groot berg wat brand met vuur.

Brandende meteoriete, asteroïedes of stukke van ʼn komeet wat in die aarde se atmosfeer weens hitte aan die brand slaan en die Middellandse See tref, bring onmeetlike skade in die koninkryk van die Antichris.

Golwe veroorsaak dat eilande en laagliggende kusgebiede oorstroom sal word.

ʼn Derde van die see het onbruikbaar geword vir die oorspronklike doel waarvoor God dit geskape het.

ʼn Derde van die see het bloed geword, seediere vrek op groot skaal weens die water wat in bloed verander.

'n Derde, duisende skepe sal ook vergaan.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 8 Die blaas van die 3de basuin: Lees hier

No comments: