Monday 16 November 2015

Openbaring#58: Openbaring 10 Die gebeure in die middel van die Verdrukking


In die middel van die 7 jaar lange Verdrukking sal die Antichris wat die 7 jaar verbond  geïnisieer  het,  dit  verbreek.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Hierdie skrywe

Openbaring 10: Die middel van die Verdrukking

Om die 7 jaar Verdrukking te verstaan, MOET Daniel 9: 24-27 (veral vers 27) duidelik verstaan word as toekomstig en ook moet dit verstaan word dat die professie van Daniel die Groot Verdrukking soos in die boek Openbaring onderskryf.

Dan 9:27  En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Vir meer in detail inligting hieroor: Lees hier

Die bewind van die Antichris se regering breek ná die wegraping aan en sal 7 jaar lank duur.

Uit Israel se oogpunt staan hierdie tyd as die “sewentigste jaarweek” bekend (Daniël 9:24-27 ).

Die  tydperk  het geweldige implikasies vir Israel (Matt. 24:15,22; 2 Thess. 2:3-9).

In die Nuwe Testament word dit die Verdrukking en die Groot Verdrukking genoem (Matt. 24:21,29; Op. 7:14).

Hierdie sewe jaar word in twee helftes van drie-en-ʼn-half jaar (42 maande of 1 260 dae) elk verdeel, soos onder meer uit Daniël 9:27, Openbaring 11:2-3; 12:6 en 13:5 blyk.

Dit is egter verkieslik om van die hele sewe jaar slegs as die “Verdrukking” te praat, omdat in werklikheid net die laaste 3½ jaar daarvan die “Groot Verdrukking” is.

Een week en die helfte van die week, is een van die mees gedokumenteerde periodes van tyd in die Bybel (Dan.  4:16,23,25;  7:25;  9:27;  12:7;  Op.  11:2-3;  12:6;  13:5).

Die twee helftes van die verdrukking kan dus van mekaar onderskei word deur daarna as die tyd van “valse vrede” (eerste helfte) en die “Groot Verdrukking” (tweede helfte) te verwys.

Die eerste helfte van die Verdrukking sal deur ʼn valse vrede, asook deur politieke,   maatskaplike,   ekonomiese   en   godsdienstige   inisiatiewe   vir   die vereniging van die mensdom onder die leierskap van die Antichris gekenmerk word. Let wel, in hierdie eerste drie-en-ʼn-half jaar word die magsbasies van die Antichris gevorm (Dan. 7:8,20-25). Die mense op aarde deur die Antichris en die valse profeet geestelik en polities verslaaf en geïntimideer word,

en wanneer sy vredes- en eenheidspogings egter misluk ( in die middel van die 7 jaar Verdrukking)

Sal die Antichris in die tweede helfte van die Verdrukking, hom in die oorblywende 3½ jaar tot die ongeëwenaarde gebruik van geweld wend en sodoende die bloedigste diktatuur instel wat die wêreld nog geken het (Matt. 24:21-22). Die honderde miljoene slagoffers wat sy bewind van terreur sal eis, sal daarvan die grootste menseslagting van alle tye maak. Die mense op aarde, veral die volk Israel sal in die laaste 3½ jaar fisiek verdruk en verdelg word.

Valse vrede (eerste 3½ jaar) - Op 6.1- 9:21. Die Antichris word as vredevors geopenbaar en sluit as valse messias ʼn verbond met Israel en sy Arabiese bure. Pogings word aangewend om ʼn nuwe wêreldorde te vestig. Die tempel in Jerusalem word of is reeds in dié tyd gebou. Valse eenheidsbande word in dié tyd gesmee terwyl daar geywer word vir ʼn wêreldvredesmag en wêreldgodsdiens. Wêreldeenheid  word  die wagwoord. Tydelike ekonomiese herstel en ʼn valse vrede tree in, die Antichris kry krediet hiervoor.

Die middel van die Verdrukking Op 10:1-14:20. In die middel van die 7 jaar lange Verdrukking sal die Antichris wat die 7 jaar verbond  geïnisieer  het,  dit  verbreek. Hierdie verbondsverbreking in die  middel  van  die  sewejaar-periode  gaan gepaard met die oprigting van die gruwel in die tempel (Matt. 24:15; Op. 13:14- 15) waarna ʼn verskriklike vervolging teen die Jode sal dan plaasvind (Matt. 24:21-22). God openbaar meer oor sy voorgesette getuienis op aarde (deur onder andere die twee Getuies, Elia en Henog, hul dood en hul opstanding). Die blaas van die 7de  basuin, wat dan  ook die 3de wee is wat sal aanbreek, het verskriklike gevolge vir die mens en die aarde. Die onmiddellike gebeure ná die aankondigings is die oorlog in die engelewêreld waar die draak (Satan, die ou slang) en sy gevalle engele saam met hom uit die hemel op die aarde gewerp word (Op. 12:3-4, 7-9, 12). Die draak gee sy mag en troon aan die Antichris vir die Groot Verdukking, maw die laaste 42 maande (3 ½ jaar) (Op. 13:2,5). Ook  sien ons die verskyning van die valse profeet (Op. 13:11-18; 16:13; 19:20).

Groot Verdrukking (tweede 3½ jaar) - Op 15:1-18:24. Die Antichris se ware kleure word nou getoon. Hy ontheilig die herboude tempel, skaf die offerdiens af en verklaar homself tot God (Dan. 9:27; 2 Thess. 2:4). Vryheid van godsdiens word vernietig en vervang deur die verpligte aanbidding van die Antichris (Op. 13). Gruwelike vervolging  word  teen  Jode  en Christene ingestel wat weier om die Antichris as God te aanbid. Die Antichris word alleen heerser en militêre diktator. Die 666 word ingestel in die wêreldhandel en ekonomie. ʼn Ongekende sterftesyfer word deur toenemende oorloë, pessiektes en natuurrampe geëis. Daar vind ʼn groot mobilisasie plaas vir die slag van Armagéddon in die land van Israel.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 10 is 'n parentese: Later

No comments: