Friday 20 November 2015

Openbaring#68: Openbaring 12: Die vuurrrooi draak is Satan


Die identiteit van die draak word gegee as niemand anders nie as – die ou slang wat genoem word duiwel en Satan wat die hele wêreld verlei.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Hierdie skrywe

Die vuurrooi draak is Satan (Op 12:3-4)


Rev 12:3 En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone; Rev 12:4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.

Johannes sien ʼn tweede teken, ʼn groot vuurrooi draak.

Die identiteit van die draak word gegee as niemand anders nie as – die ou slang wat genoem word duiwel en Satan wat die hele wêreld verlei (vers 9).

Die beeld van die draak in die Ou Testament is een van ʼn wese wat moorddadig is (Jes. 27:1; Jes. 14:29; Ps. 74:12-14).

Die draak wat vuurrooi is, spreek van geweld, oorlog, bloedvergieting en verdrukking.

Die draak het sewe koppe met sewe krone en het tien horings.

Hierdie koppe en horings en krone stel koninkryke en heerskappye voor (Dan. 7:7-8; 20-26; Op. 17:7-12).

Ons weet uit die geskiedenis dat tot en met die middel van die Groot Verdrukking is daar sewe aardse koninkryke wat Israel in haar geskiedenis vervolg het: (i) Egipte; (ii) Assirïe; (iii) Babilon; (iv) Medo-Persië; (v) Griekeland; (vi) Romeinse Ryk, en nou, in die dae van die Verdrukking, wanneer die tien tone van die beeld van Daniël hul profetiese vervulling bereik, die sewende, (vii) die herleefde Romeinse Ryk onder die magsbewind van die Antichris.
Ons sien hoe die vuurrooi draak (Satan) die koninkryke van die wêreld gebruik om anti- Semitisme (Jodehaat) in die hand te werk en Israel van die aarde te verdelg.

Die sewe krone is ʼn teken van heerskappy – maar in hierdie geval, heerskappy onder Satansmag.

Die draak se stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi.

In die Bybel word daar na engele met die woord “ster” verwys (Job. 38:7; Jes. 14:12; Op. 1:20; 9:1,11; 12:4,9).

Hierdie sterre is gevalle engele.

Die groot vuurrooi draak is Satan!

Oorlog in die engelewêreld (Op 12:7-9)


(Rev 12:7) En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; (Rev 12:8) en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.(Rev 12:9) En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.

Wanneer in die dae van die middel van die Verdrukking oorlog uitbreek op die aarde onder die mag van die Antichris, sal daar ook in die hemelruim ʼn baie groot oorlog plaasvind in die engelewêreld.

Oorloë in die engelewêreld is nie iets vreemds nie, in Daniël 10-11 vind ons ʼn duidelike beskrywing van sulke oorloë.

Hierdie konflik vind plaas tussen die aartsengel Migael en sy heilige engele en die Satan en sy gevalle engele.

Dat die engel Migael die een is wat God se engele gaan lei, is baie betekenisvol.

Die naam “Migael” beteken “wie is soos God?” en dit is sekerlik in teenstelling met Satan se aanval op God toe Lucifer verklaar het “ek wil my gelykstel met die Allerhoogste” (Jes. 14:14).

Die een wie se naam is “Wie is soos God?” werp dié een wat gesê het “ek wil my gelykstel met God” finaal uit die hemel uit!

Wat duidelik uit die Skrifte is, is dat die aartsengel Migael ten opsigte van Israel staan (Dan. 12:1; 10:20-21; Judas 1:9).

Dit bevestig dan ook die konteks van die vrou in Openbaring 12 as Israel.

Migael se taak is spesifiek tot Israel gerig om as beskermheer van dié volk op te tree.

Satan en sy engele verloor die oorlog en word uit die hemel op die aarde neergewerp.

In die proses is die groot draak – die ou slang, wat duiwel en Satan is op die aarde neergewerp.

Die benaming ou slang, verwys terug na die Genesis-verhaal in die tuin van Eden.

Daar word van hom gesê dat hy die hele wêreld verlei, dit was en is nog altyd sy modus operandi om die mensdom te mislei en te verlei na die ewige verderf.

Die woord “neergewerp” verskyn drie maal in vers 9, dit is ʼn aanduiding om die volstrekte oorwinning van Migael en sy engele oor Satan en sy engele te beklemtoon.

Vyf name word aan Satan gegee om sy persoon en werk te beskrywe.
Die draak – sy moorddadige karakter,
die ou slang – die slang van Genesis 3,
die duiwel – die aanklaer of lasteraar,
die Satan – die teenstander van God en
die verleier – die een wat die hele wêreld verlei.

Die 2de wee was swaarder as die 1ste, en die 3de wat nou gaan kom nog swaarder, omdat daarmee die einde intree.

Hierdie 3de wee wat gaan aanbreek, het verskriklike gevolge vir die mens en die aarde.

Hierdie 3de wee (sewende basuin) bring die finale uitwerping van Satan met al sy gevalle engele uit die hemel, hulle word op die aarde neergewerp om hul bose verwoestingswerk deur die Antichris, valse profeet en derglike te bewerkstellig (Op. 11:15-13:18).

Die aankondiging in die hemel (Op 12:10-12)


Rev 12:10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

In die hemel is daar groot vreugde aangesien die duiwel in der ewigheid nooit weer toegang tot die hemel het om die verlostes voor God aan te kla nie.

Die toegang wat hy tot nog toe gehad het, is nou vir altyd opgesê.

Hy was tot nog toe die aanklaer van die mens (Job 1-2; Sag. 3:1-5; Op. 12:10-12).

Die gelowiges se oorwinning word bevestig as deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en daarvoor was hulle bereid om te sterf, omdat hulle tot die dood toe hul eie lewe nie liefgehad het nie.

Christus se gestorte bloed gee ons ʼn volkome stand voor God (1 Joh. 1:5-2:2).

Die getuienis oor God se Woord en die gewilligheid om hul lewe vir C&hristus neer te lê, verslaan die Satan.

In die hemel is daar vreugde, op die aarde groot verskrikkinge.

Die uitwerping van Satan uit die hemel bring twee dinge op die aarde vir die mens.

Ten eerste, Satan word die hemel ontsê en bevind hom nou op die aarde saam met al sy gevalle engele vir 42 maande.

Tweedens, Satan is briesend en vol woede en wraak omdat hy weet sy tyd is min.

Hy het net die komende drie-en-ʼn-half jaar voordat hy in die bodemlose put vir die duur van 1 000 jaar gewerp sal word (Op. 20:1-3).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 13: Openbaring 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier

No comments: