Wednesday 25 November 2015

Openbaring#73: Openbaring 13: Die Antichris se een wêreldekonomie


Elke persoon onder die domein of heerskappy van die Antichris sal gedwing word om sy merk te ontvang.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Hierdie skrywe

Openbaring 13: 16-18


Rev 13:16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

Niemand word ontsien nie.

Elke persoon onder die domein of heerskappy van die Antichris sal gedwing word om sy merk te ontvang.

Regterhand: Die hand waarmee gewerk word.

Hulle voorhoofde: denke, beheer oor die gedagtewêreld.

Die getal van die Antichris is 666


Rev 13:17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Rev 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Hier in Openbaring 13 sien ons ‘n gekoördineerde wêreldregering en rebellie teen God.

Satan neergewerp op die aarde (Op. 12:9-12) sal hierdie groot opstand lei en die mens aanhits om elke teken van die aanbidding van God te vernietig.

Die valse profeet sal maak dat ‘n merk op die voorhoof of regterhand van mense aangebring word wat hulle sal identifiseer as volgelinge van die Antichris (Op. 14:9-11).

Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het . . . Insig om God se wil te ken.

Daar is ‘n verband tussen wysheid en verstand. Wie sy denke inspan, vind wysheid en die oplossing.

Koop of verkoop: ʼn aanduiding van ekonomiese implikasies. Handel onder die mensdom word tot die gebruik van die merk beperk.

Merk of naam of getal van sy (Antichris) se naam


Die Skrif gee nie vir ons die ontsluiting van die merk nie. Bespiegeling sal nodeloos wees.

Watter naam gebruik sal word, is daar nie presies duidelikheid oor nie.

Die getal van sy naam word wel gegee.

Dit is die getal van die mens; en sy getal is ses-honderd-ses-en-sestig (666).

Hier is niks dubbelsinnigsof onverstaanbaars of onkenbaars nie.

Eenvoudig gestel is die getal of nommer van die Antichris en as identifisering met hom, 666.

Die gelowiges in Christus, dié wat in Hom oorwin, ontvang die Naam van God (Op. 3:12).

Die 144 000 uit Israel ontvang die seël of merk van God op hul voorhoof (Op. 7:2-4).

En hier sien ons die goddelose ontvang die 666, die getal van die Antichris.

Die doel van die ontvangs van die getal, naam of merk van die Antichris is die identifisering met hom.

Hierdie vers spreek nie van ʼn kredietkaart, bank-sisteem, kontantlose geldstelsel of rekenaars nie, want almal onder die mag van die Antichris het dieselfde nommer.

Die getal van die dier is die getal van die mens, omdat die Antichris ʼn mens is wat die laaste heerser sal wees tot op die Wederkoms van Christus.

Hoekom 666?


In die Griekse en Hebreeuse alfabet is daar nie ‘n aparte stelsel vir nommers nie, met die gevolg dat die letters staan vir nommers.

Elke letter in die Hebreeuse alfabet het ʼn numeriese waarde.

Daar is 22 letters in die Hebreeuse alfabet en in numeriese waarde is dit soos volg: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 20, 30, 40, 50, 60, 70, 80, 90, 100, 200, 300, 400.

Elke mens se naam in Hebreeus het dus ʼn numeriese waarde.

Wat die Antichris se naam ook al mag wees, in Hebreeus sal die numeriese waarde van sy naam 666 wees.

Omdat ʼn nommer van verskillende berekeninge 666 kan ewenaar, is dit nie moontlik om die Antichris se naam vooruit te weet nie.

Wanneer hy wel verskyn, sal sy persoonlike naam 666 ewenaar.

Die 666 kan net in die laaste drie en ‘n half jaar van die Groot Verdrukking op groot skaal in werking gestel word, omdat dit die regeringstydperk van die Antichris is, die laaste wêreldheerser.

Die ontvangs van die 666 sal ‘n ewige straf in die poel van vuur beteken vir diegene wat dié merk ontvang (Op. 14:9-10).

Die dier uit die see (vers 1-10) is ʼn politieke leier, terwyl die dier uit die aarde (vers 11-18) ʼn geestelike leier (profeet) is.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 14: is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier

No comments: