Friday 27 November 2015

Openbaring#76: Openbaring 14: Die aankondigings vanuit die hemel


Drie aankondigings deur Engle vind plaas in die dae wanneer die Antichris en die valse profeet in die tweede helfte van die Verdrukking die mens dwing tot antichristelike aanbidding.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Hierdie skrywe

Die ewige evangelie verkondig (Op 14: 6-7)


Rev 14:6 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. Rev 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

Die eerste engel se aankondiging vind plaas in die dae wanneer die Antichris en die valse profeet in die tweede helfte van die Verdrukking die mens dwing tot antichristelike aanbidding (2 Thess. 2:4; Op. 13:12,15).

Die ewige evangelie waarna hier verwys word, se inhoud is: Aanbid God, die Skepper van die hemel en die aarde

Te midde van soveel verleiding en valsheid op die aarde stuur die Here ʼn engel met ʼn waarskuwing aan die mensdom om nie die Antichris te aanbid nie.

Die feit dat die engel die aankondiging met ʼn groot stem bring, toon dat daar erns van die saak gemaak moet word.

Die uitstorting van die reeks finale oordele deur middel van die wraakskale gaan gou gebeur, want die uur van sy oordeel het gekom.

Die oproep is nou dat die Een wat die hemel, aarde, see en waterfonteine gemaak het, die Skeppergod, gevrees en aan Hom heerlikheid gegee moet word.

Die mens word gemaan om te erken wie God is, nie die Antichris, wat nou voorgee dat hy God is nie (2 Thess. 2:4), maar die ware God van die hemel, Hy moet erken word.

Babilon het geval (Op 14:8)


Rev 14:8 En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

ʼn Tweede engel wat volg, verkondig dat politieke en geestelike Babilon tot ʼn val gekom het.

Hierdie aankondiging antisipeer die gebeure van Openbaring 18 (sien ook Op. 16:19).

Wanneer die Antichris sy eie godsdiens vestig in die middel van die Groot Verdrukking (Op. 13:11-15), sal hy toesien dat die “hoer” (Openbaring 17) vernietig word,

Inderwaarheid is dit God wat sal toesien dat Babilon vernietig word (Openbaring 18).

Babilon, wat deur die eeue heen rebellie en opstand teen die ware God verpersoonlik het, se oordeel het nou aangebreek.

Die valse godsdiens wat die nasies verlei het, het nou tot ʼn val gekom.

Sy wat die nasies laat hoereer het, word nou self geoordeel.

Babilon dieontugtige vrou, so word sy nou beskryf, wat die nasiesin die roes van haar magsug en geestelike verleiding en afgodery benewel het, kom tot ʼn finale val.

Die totale vervulling van haar val word in Openbaring 17 en 18 beskryf.

Die wat die Merk of 666 ontvang het (Op 14: 9-11)


Rev 14:9 En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, Rev 14:10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.Rev 14:11 En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

Die derde engel se aankondiging raak ten diepste diegene wat die merk, naam of getal (666) van die dier (Antichris) ontvang het.

Baie duidelik word dit vanaf die kant van die hemel aan die mense op aarde gestel

seker een van die ernstigste waarskuwings ooit, wie dié merk of getal ontvang, sal tot in alle ewigheid in die poel van vuur gepynig word met vuur en swawel.

Die rede vir die straf is omdat die ontvangs van die merk of getal beteken dat lojaliteit aan die Antichris (die valse messias) bepleit is, en nie aan die ware God nie.

Voorts word vermeld twee dinge sal hulle te beurt val:

Eerstens, hulle sal drink van die wyn van die grimmigheid van God wat op die aarde uitgestort gaan word, dit is die wraakskaal-oordele wat nou gaan volg (Op. 15-16);

Tweedens, hulle sal tot die ewige hel verdoem word, daar is geen tweede geleentheid nie.

Duidelik stel die engel dit: Die oordeel sal kom oor elkeen wat die Antichris en sy beeld aanbid en elkeen wat die merk van sy naam ontvang, hetsy op sy voorhoof of op sy hand.

God stuur sy engel in die middel van die Verdrukking om die mens te waarsku aangaande die verskriklike lot wat wag vir diegene wat die Antichris gaan gehoorsaam en volg.

Salig is die dode wat in die Here sterwe (Op 14:12-13)

Die bemoediging aan die gelowiges, te midde van die vreeslike vervolginge van die martelare wat die gebooie (Woord) van God bewaar, en aan die geloof in Jesus Christus vashou, is dat hulle lydsaamheid moet beoefen.

In die dae van uiterste verdrukking sal dit vir hulle voordelig wees as hulle sterwe.

Hulle sal van aardse lyding verlos wees en sal die hemelse geluksaligheid betree.

Twee dinge val hulle te beurt:

Een: hulle sal rus van hul arbeid;

Twee: hul werke volg met hulle (Heb. 6:10).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 15: Die graanoes word ingesamel: Lees hier

No comments: