Friday 27 November 2015

Openbaring#77: Openbaring 14: Die graanoes sal ingesamel word


Die oordeel wat vervolgens Openbaring 14: 14-16 gaan volg, word uitgebeeld in die metafoor van ʼn oes – in dié geval ʼn graanoes.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Hierdie skrywe

Die graanoes word ingesamel (Op 14: 14-16)


Die oordeel wat vervolgens Openbaring 14: 14-16 gaan volg, word uitgebeeld in die metafoor van ʼn oes – in dié geval ʼn graanoes.

Die skerp sekel spreek van ʼn oes wat afgekap moet word.

Die betekenis van die Menseseun wat die sekel inslaan om te maai, spreek van ʼn oesinsameling.

Die beeld van ʼn oesinsameling is ʼn algemene beeld van saligheid in die Skrif.

Die seun van die Mens het ook ʼn oes om in te bring – diegene wat aan Hom behoort.

Hoewel baie in die laaste helfte van die Groot Verdrukking die merk van die Antichris (dier) sal ontvang, is daar baie wat Christus sal bely.

Hierdie oes skei die getroues en ontroues aan Christus van mekaar.

Die beeld van een soos ʼn Menseseun wat op die wolk sit, is ontleen vanuit Daniël 7:13-14. En ek het gesien in die naggesigte, en kyk met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ʼn mens . . . En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap .

Die Menseseun (Jesus Christus) het ʼn goue kroon op sy hoof en in sy hand ʼn skerp sekel.

Hy kom dus as ʼn Koning om te heers, ook om die oes van die aarde in te samel, daarom die sekel.

Die inbring van die oes voorspel twee dinge;

1) dit wat geoes word (in die skuur gebring word), en
2) dit wat uitgewerp word (nie werd is om in die skuur gebring te word nie).

Die komende wederkoms van Christus wat ook bekend staan as Christus se apokalips of faneros – dit is sy openbaarmaking of sigbaarwording, is die verskyning van Christus as Regter en Koning om aan die hele wêreld geopenbaar te word, saam met al sy heiliges (Sag. 4:4-5; Op. 19:11-15).

Jesus sal dus as Koning met sy sigbare wederkoms kom om te oes die wat aan Hom behoort (in die skuur gebring word) en om te verwerp, die wat nie aan Hom behoort (nie werd is om in die skuur gebring te word).

Jesus sal sy oes (die na-oes) inwin voor die slag van Armagéddon, anders ook gestel voor die inoes van die wynoes. (Op 20.4)

Die graanoes gaan Armagéddon vooraf, die wynoes volbring Armagéddon.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 14: Die wynoes sal ingesamel word: Lees hier

No comments: