Friday 4 December 2015

Openbaring#101: Openbaring 20: Die duisendjaar- vrederyk


Hierdie letterlike tydperk van die duisendjaar- vrederyk word ook “die Millennium” genoem.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking



Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Lees hier

Die wederkoms van Jesus Christus 


Op 19: Die gebeure in die hemel: Lees hier
Op 19: Die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 19: Die slag van Armagéddon: Lees hier
Op 19: Die Antichris en die valse profeet geoordel: Lees hier

Op 20: Die eerste 75 dae ná die dag van wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 20: Al die profesië van die profete van ouds word vervul: Lees hier

Die Messiaanse koninkryk 


Op 20: Die duisendjaar- vrederyk: Hierdie skrywe

Die letterlike tydperk van die duisendjaar- vrederyk


Hierdie letterlike tydperk van die duisendjaar- vrederyk word ook “die Millennium” genoem.

Die leerstelling van die Millennium word ook genoem chiliasme, wat letterlik kom van chilioe (duisend).

Die woord “millennium” is ʼn samestelling van twee woorde in die Latynse taal: mille (duisend) en annus (jaar).

Saamgestel beteken dit duisend jaar. Die frase “duisend jaar” kom ses keer in Openbaring 20 voor.

ʼn Spesifieke tydperk deur God bepaal en uitgemeet.

Die wonderlike waarheid wat die boek Openbaring leer oor die Messiasryk wat kom, is die duur daarvan, dat dit 1 000 jaar lank sal wees.

Die Ou- Testamentiese profete het geweet die vrederyk kom en het baie profesië daaroor uitgespreek, hulle het net nie geweet hoe lank dit sal duur nie.

Hierdie duisendjarige vrederyk op aarde sal die volgende kenmerke hê:

ʼn Teokratiese wêreldregering sal op aarde gevestig word waar God die Vader se Seun, Jesus Christus, op die aarde regeer (Luk. 1:31-33; Jes. 9:6; 11:5-16; 32:1).

Die troon van Christus sal in Jerusalem wees en Hy sal in geregtigheid regeer (Sag. 8:3,22; Jes. 2:2-3; 24:23; Jer. 23:5-6).

Daar sal groot vrede op aarde wees (Jes. 2:4; Miga 5:4). Satan sal gebind wees in dié tydperk (Op. 20:1-4).

Die tydperk word gekenmerk deur die afwesigheid van Satan.

Die hele Israel sal gered wees, hulle in die Here verbly en die hele wêreld evangeliseer (Jes. 12:3-6; 27:6; 28:5; 40:9-11; Rom. 11:26-26).

Die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek(Hab. 2:14).

Die natuur, wat as gevolg van die sondeval aan die nietigheid onderworpe is, sal gedeeltelik herstel word.

Die skepping wag met reikhalsende verwagting op die openbaarmaking van die kinders van God (Jes. 11:6-10; 41:18- 20; Rom. 8:19-22).

Harmonie sal in die diereryk heers (Jes. 11:6-9; 65:25; Hos. 2:17).

Tye van ekonomiese voorspoed sal aanbreek.

Wanneer dit planttyd is, sal die vorige oes nog nie eers klaar ingesamel wees nie (Jes. 55:13; Amos 9:11-14; Joël 3:18).

Mense sal hoë ouderdomme bereik. ʼn Man van 100 jaar oud sal as ʼn kind beskou word (Jes. 65:20-23).

Hierdie Messiasryk sal ongekende seëninge bring vir die volk Israel.

Die Messias self sal Koning wees oor die Joodse volk.

Jerusalem sal hoog en verhewe as die hoofstad van die wêreld wees.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 20: Satan word gedurende die duisendjaar- vrederyk gebind: Lees hier

No comments: