Monday 7 December 2015

Openbaring#106: Openbaring 20: Die groot wit troon oordeel


Elke verlore sondaar moet individueel voor God staan.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Lees hier

Die wederkoms van Jesus Christus 


Op 19: Die gebeure in die hemel: Lees hier
Op 19: Die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 19: Die slag van Armagéddon: Lees hier
Op 19: Die Antichris en die valse profeet geoordel: Lees hier

Op 20: Die eerste 75 dae ná die dag van wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 20: Al die profesië van die profete van ouds word vervul: Lees hier

Die Messiaanse koninkryk 


Op 20: Die duisendjaar- vrederyk: Lees hier
Op 20: Satan word gedurende die duisendjaar- vrederyk gebind: Lees hier
Op 20: Die twee opstandings: Lees hier
Op 20: Die Opstanding van die Regverdiges: Lees hier
Op 20: Die Gog en Magog is die laaste opstand teen God: Lees hier
Op 20: Die groot wit troon oordeel: Lees hier

Die groot wit troon oordeel (Op 20:11-15)


Rev 20:11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. Rev 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

Hierdie troon is groot en majestueus teenoor ander trone wat Johannes vantevore gesien het.

Die wit troon spreek van reinheid, deursigheid, heiligheid en regverdigheid.

Wanneer hier geoordeel word, sal dit geskied in alle waarheid en deursigtigheid.

Geen mens sal ooit kan sê God het nie regverdig gehandel nie.

Elke verlore sondaar moet individueel voor God staan.

Die eindoordeel het aangebreek!

Hierdie profesie begin met ʼn gesig van die groot wit troon en Hom wat daarop sit.

Alhoewel nie gesê word wie daarop sit nie, is dit heel moontlik Jesus Christus, want aan Hom is die hele oordeel oorgegee (Joh. 5:22).

Die wit troon oordeel moet nie met die regterstoel oordeel verwar word nie. By die regterstoel oordeel van Christus word gelowiges se werke geoordeel en ontvang hulle loon.

By hierdie oordeel, die groot wit troon, sal alle ongelowiges, verlore sondaars van alle tye geoordeel word, daar is geen beloning by die oordeel nie.

Die wit troon oordeel sal nie bepaal of ʼn persoon gered is nie, dit is reeds bepaal toe hulle gesterf het.

Die doel van hierdie oordeel is om te bepaal die graad van straf.

Die Skrifte is baie duidelik oor die beginsel dat daar grades van straf is, gebaseer op die graad van sondigheid, d.w.s. die oortreding begaan (Matt. 11:20-22; Luk. 12:47-48; Joh. 19:11).

Ons lees in hierdie laaste paar verse van Openbaring 20 nie net van die groot wit troon nie, maar ook van die dode; die boeke wat geopen word, die oordeel; die boek van die lewe en die poel van vuur.

Uit die teksgedeelte sien ons die volgende:
  • Die persone wat geoordeel word. Dit is die ongelowiges, sondaars wat gesterwe het , hulle kom uit die doderyk, dood en see. Hulle beleef dus ook ʼn fisiese liggaamlike opstanding.
  • Die tyd van hul oordeel. Dit vind plaas aan die einde van die duisendjaar wanneer die tweede of laaste opstanding plaasvind. Dié gebeurtenis is die laaste voordat die nuwe orde tot stand kom, die nuwe hemel en die nuwe aarde (Openbaring 21–22).
  • Die plek van hul oordeel. Dit is voor die groot wit troon.
  • Die basis van hul oordeel. Die wet van die gewete (Rom. 2:12,15); die wet van Moses (Rom. 2:12-13); die evangelie (Rom. 2:16); die rekordweergawe van persoonlike dade en woorde in die boeke opgeteken (Matt. 12:36-37); die Woord van God (Joh. 12:48), en die boek van die lewe (Op. 20:12,15).
  • Die regter by die oordeel. Jesus Christus (Joh. 5:27; Matt. 25:41) in die teenwoordigheid van die Vader (vers 12).
  •  Die doel van die oordeel. Elke sondaarmens word voor die troon gestel.Die beskuldigde sal formeel sy oortreding aanhoor en sy straf.
  • Die resultaat van die oordeel. Al die goddelose sondaars, ongelowiges sal in die poel van vuur gewerp word omdat hulle name ontbreek in die boek van die lewe. Die feit dat hul name nie in boek van die lewe is nie, sal verdoemende getuienis teen hulle wees (Op 20:15).
Die groot wit troon oordeel is dus nie ʼn plek om genade by te ontvang nie, maar is ʼn plek waar regverdige oordeel uitgevoer sal word.

Die boeke bevat ʼn getroue weergawe van elke mens voor die troon se werke, dus hul doen en late en woorde.

Die feit dat die boeke geopen is, beteken daar sal nou verantwoording gedoen moet word van al die werke, die dade opgeteken in die boek.

Daar is verskillende boeke wat geopen gaan word en hul inhoud spreek van baie dinge wat geopenbaar sal word.

Dat mense geoordeel sal word na wat in die boeke geskrywe is, beteken dat elke gedagte en werk, elke sondige daad – alles opgeteken is vir almal om te sien voor die wit troon.

Niks word bygevoeg en niks word weggeneem nie.

Elke sondaar wat staan voor die Een wat op die groot wit troon sit wéét: Ek is skuldig.

Die finale bewys dat almal wat daar staan nie toegang tot die hemel kan mag en moet hê nie, is die allesoorweldigende getuienis teen hulle – hul name ontbreek in die boek van die lewe.

Niemand onder die mensekinders mag ooit in der ewigheid die nuwe Jerusalem betree en in sy heerlikheid deel, die stad wat die heerlikheid van God dra, wie se name nie opgeteken is in die boek van die lewe van die Lam nie (Openb. 21:27).

Wie se naam in die boek nie opgeteken is nie ontbreek burgerskap en toegang tot die heerlike Godstad!

Dat mense weg gewerp sal word in die poel van vuur, die hel, as deel van die ewige straf wat hulle vir ewig sal ondergaan, bring finaliteit oor elke sondaar se oordeel.

Jesus Christus sê oor dié straf en dié dag: Gaan weg van my julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele (Matt. 25:41).

Die hel was oorspronklik vir die duiwel en sy engele voorberei, nou sal elkeen voor die groot wit troon weggedryf word en hierdie plek vir ewig ingaan.

In Mattheus 5:29-30; 10:28 toon Jesus Christus dat beide die siel en liggaam van die verlorenes na die hel, die poel van vuur sal gaan.

Dit word ook so bevestig in Openbaring 20:13.

Die tweede dood


Dit is die deel van diegene wat voor die wit troon weggedryf sal word.
Die eerste dood was die liggaamlike dood, die tweede dood is wanneer diegene wat voor die wit troon gestaan het, gewerp sal word in die poel van vuur.

Die doderyk wat die siele bewaar het van die verlorenes moes die siele oorgee vir die oordeel (Opb. 20:13), nou sal hulle gewerp word in die hel – dit is die tweede dood.

Jesus Christus se belofte aan sy eie is dan juis dat gelowiges nie die tweede dood hoef te vrees nie (Openb. 20:6), terwyl al die goddeloses en gruwelikes en sondaars en leuenaars se deel die tweede dood is (Openb. 20:14; 21:8).

Om in die poel van vuur te wees beteken en sluit in:

  • Om weg te wees uit die teenwoordigheid van God (Matt. 22:13; 25:46);
  • Om  afgesny  te  wees  van  die  hemelse  rus,  lig  en  vrede  (Matt.
  • 25:21,30,34,46);
  • Om tot in ewigheid geen simpatie te ontvang nie (Openb. 14:10-11);
  • Om absoluut geen hoop op verlossing te hê tot in alle ewigheid nie; net maar pyn, smart, verwyt en wroeging in die vuur (Mark. 9:47-48);
  • Vir ewig in samesyn te wees met die Antichris, valse profeet, Satan, gevalle engele, bose geeste en alle ander verlore sondaars waar die bitterste smart, pyn en ellende tot in alle ewigheid duur (Jes. 66:24).

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat die poel van vuur (hel) is ʼn getuienis van die regverdige karakter van God.

Eerstens, Hy moet sonde oordeel.

Tweedens, die hel is ʼn getuienis van die mens se verantwoordelikheid, die mens is nie ʼn robot of hulpelose slagoffer nie, die mens is ʼn  skepsel in staat om sy eie keuses te maak (Joh. 3:16-21).

Derdens, die hel is ʼn getuienis van die verskriklikheid van sonde.

As ons eers sonde sien soos God dit  sien,  verstaan  ons  hoekom  die  hel  bestaan (Matt.   25:41).

Die vreeslikheid van die groot wit troon oordeel is geleë in die feit dat daar ʼn Regter is, maar geen jurie nie; daar is ʼn vervolging maar geen verdediging nie; daar is ʼn vonnis maar geen appèl nie.

Voordat God ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde daarstel, moet Hy finaal deel met sonde, dit sal Hy doen by die groot wit troon  oordeel.

Diegene wat verlore is by dié oordeel, is verlore vir ewig; hulle is verdoem tot in alle ewigheid, sonder hoop.

In die poel van vuur, die tweede dood, is daar geen hoop, simpatie, rus, verligting of liefde nie.

Die liefde van God reik nie in en deur die voorportaal tot in die binneste van die ewige hel, die poel van vuur, nie.

Wie daar is, is vir ewig verlore.

Die doderyk wat die plek van pyniging was vir die siele van die verlorenes (Luk. 16:23-28) is nou gewerp in die hel, die poel van vuur, die tweede dood, die plek van ewige verblyf en pyniging van beide die liggaam en siel (Openb. 20:13- 15; Matt. 10:28).

Die dood word ook gewerp in die poel van vuur (Openb. 20:14).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 21: Die die nuwe ewige orde: Lees hier

No comments: