Tuesday 8 December 2015

Openbaring#108: Openbaring 21: Die nuwe hemel, aarde en die stad Jerusalem vanuit die hemel


Die huidige hemel en aarde moet plek maak vir die nuwe, ewige orde.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Lees hier

Die wederkoms van Jesus Christus 


Op 19: Die gebeure in die hemel: Lees hier
Op 19: Die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 19: Die slag van Armagéddon: Lees hier
Op 19: Die Antichris en die valse profeet geoordel: Lees hier

Op 20: Die eerste 75 dae ná die dag van wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 20: Al die profesië van die profete van ouds word vervul: Lees hier

Die Messiaanse koninkryk 


Op 20: Die duisendjaar- vrederyk: Lees hier
Op 20: Satan word gedurende die duisendjaar- vrederyk gebind: Lees hier
Op 20: Die twee opstandings: Lees hier
Op 20: Die Opstanding van die Regverdiges: Lees hier
Op 20: Die Gog en Magog is die laaste opstand teen God: Lees hier
Op 20: Die groot wit troon oordeel: Lees hier

Die nuwe ewige orde


Op 21: Die nuwe ewige orde: Lees hier
Op 21: Die nuwe hemel, aarde en die stad Jerusalem vanuit die hemel: Hierdie skrywe


Die  nuwe hemel en die nuwe aarde (Op 21:1) 


Rev 21:1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

Die huidige hemel en aarde moet plek maak vir die nuwe, ewige orde.

Die teenwoordige hemel en aarde sal verbygaan.

Die woord “verbygaan” is parerchomai, wat letterlik beteken om van die een kondisie oor te gaan na ʼn ander.

Die apostel Petrus beskrywe in groot detail in 2 Petrus 3 dié grootse gebeurtenis van die verbygaan van die ou orde en vestiging van die nuwe orde. Die hemele sal met gedruis verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand . . . die hemele deur vuur (sal) vergaan en die elemente sal brand en versmelt (2 Pet. 3:10:12).

Die woord “verbrand” beteken letterlik om volkome te verteer deur vuur.

Die woord “vergaan” beteken om los te maak of vry stel.

Die hele aarde sal in werklikheid van sonde losgemaak word.

Alle spore van sonde sal vir ewig uitgewis wees.

Die werke verwys na die werke van mense op die aarde, dit sal alles saam met die ou orde verbrand en tot niet gemaak word.

Johannes het met die koms van die nuwe orde nie meer die see gesien nie (Op. 21:1).

Die see kan een van twee dinge wees: óf die letterlike see, soos ons dit vandag ken, óf die see van goddelose mense.

Ons lees op verskeie plekke in Openbaring waar na die goddeloses as “die see” verwys word (Op. 13:1; 17:1,15).

Indien Johannes na die letterlike see verwys, kan dit nie beteken “nie meer water nie.”

Dit verwys eenvoudig na die nuwe aarde wat ʼn herrangskikking sal hê soverre dit die waters op die aarde betref.

Tans beslaan die see of waters van die aarde driekwart van die oppervlak van die aarde, dit sal nie die geval met die nuwe aarde wees nie.

Die afmetings van die grootte van die nuwe Jerusalem wat uit die hemel neerdaal, beslaan ʼn grootte wat ver vanaf huidige Jerusalem oor die Middelandse See sal strek.

Dit kan een van die redes wees waarom Johannes die verklaring maak en die see was daar nie meer nie.

Die nuwe Jerusalem wat uit die hemel neerdaal (Op 21:2)


Rev 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

Die heilige stad, die nuwe Jerusalem, daal uit die hemel neer en rus op die nuwe aarde.

Paulus het na hierdie stad verwys in Galasiërs 4:26: Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.

Dit is die stad waarna Abraham gesoek het (Heb. 11:9-10).

Dié stad word in Hebreërs 12:22-24 beskrywe as die ewige stad waarin al die saliges, die heilige engele, God die Vader en sy Seun, Jesus Christus, sal woon.

Hier in Openbaring 21–22, die laaste twee hoofstukke in die Bybel, word dié stad in groot detail beskrywe.

Daar word deurgaans na die nuwe Jerusalem verwys met verskeie name:
  • Die hemelse Jerusalem (Heb. 12:22). Die stad word “die hemelse Jerusalem” genoem omdat Jerusalem uit die hemel sal neerdaal tot op die nuwe aarde (Op. 3:12).
  • Die bruid van God (Op. 21:2). Genoem “die bruid” omdat die salige verlostes, die bruid, vir ewig in die stad sal woon.
  • Die heilige Jerusalem (Op. 21:10). Die stad word so genoem omdat daar nooit enigiets sal inkom wat verontreinig is en wat gruwelikheid en leuens voorstaan nie (Op. 21:27).
  • Die heilige stad (Op. 22:19). Dit word “die heilige stad” genoem omdat die heiliges deel het aan daardie stad, en net wat heilig is in die stad is.
In Openbaring 21:2 sien ons hierdie stad toeberei soos ʼn bruid vir haar man.

Die voorkoms van die stad is soos dié van ʼn bruid op haar troudag, ʼn beeld van lieflikheid en reinheid.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 21: Die verklarings van die Een wat op die troon sit: Lees hier

No comments: