Wednesday 2 December 2015

Openbaring#90: Openbaring 17: Babilon die valse Wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen)

In Openbaring 17 is Babilon ʼn vrou, ʼn hoer, ʼn valse godsdienssisteem.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Hierdie skrywe

Babilon die valse Wêreldgodsdiensstelsel 


In Openbaring 17 is Babilon ʼn vrou, ʼn hoer, ʼn valse godsdienssisteem.

In Openbaring 17 word die valse godsdienssisteem van die eerste helfte van die Verdrukking beskrywe.

Openbaring 17 kan in twee dele ingedeel word:

Die visioen – Openbaring 17:1-6.
Die uitleg – Openbaring 17:7-18.

Die visioen van die valse Wêreldgodsdienste (Op 17:1-6) 


Rev 17:1 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, Rev 17:2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.

Die ware kerk van Jesus Christus is ʼn rein maagd (Op. 19:7-8; 2 Kor. 11:2), terwyl die valse godsdiensstelsel ʼn hoer is wat die waarheid verwerp het, en hoerery vir persoonlike wins bedryf het.

In elke eeu van die mens se geskiedenis was daar ʼn “hoer” wat God se mense vervolg het.

Dieselfde gebeur in die laaste dae, wanneer dit sal kulmineer in ʼn wêreldwye, afvallige, valse godsdiensstelsel.

Vier keer word in die hoofstuk (Openbaring 17) na die vrou as ʼn hoer verwys (Op. 17:1,5,15-16) en haar sonde word as hoerery beskrywe (Op. 17:2,4).

Haar bose invloed het uitgebrei na die hele wêreld, en het uitgereik tot in die hoogste plekke naanmlik die konings van die aarde (Op 17:2).

Valse godsdiens het baie name, hier noem die Here dit wat dit is: Die groot hoer, dit wil sê die valse wêreldgodsdiens.

Valse godsdiens is in die oë van die Here geestelike hoerery of geestelike owerspel.

Valse gebruik van godsdiens veroorsaak geestelike hoerery.

Die woord “hoerery” word gebruik vir fisieke ontrouheid sowel as vir geestelike ontrouheid (soos uitgebeeld in Hos. 1-2; Jer. 2:20; 3:1-9; Eség. 16:15-41; 23:5-44).

Dit is met hierdie vrou wat die konings van die aarde hoerery pleeg (Op 17:2), dit toon die eenheid tussen godsdiens en staat.

Hierdie vrou sit op baie waters (Op 17:1), wat vir ons in Openbaring 17:15 uitgelê word as die mensdom (wêreldbevolking): Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.

Die vrou of hoer (valse godsdiens) regeer die mensdom in die eerste drie-en-'n-half jaar van die Verdrukking.

Daar moet in gedagte gehou word dat die Verdrukking sal begin net nadat die wegraping van die ware kerk van Jesus Christus pas plaasgevind het.

Die ware kerk is dus in die hemel en die valse godsdiens kan dan deur die samewerking van staat en godsdiens die wêreld regeer.

Openbaring 17:2 toon onteenseglik aan ons die verbintenis tussen die konings, dit is die heersers, maghebbers en hooggeplaastes, en die valse godsdiens.

Die bewoners van die aarde is die onderdane in die koninkryke van die wêreld, die aardbewoners deel in die afgodery van die maghebbers, die politici en leiers.

Die hoer word beskrywe as sittende op die skarlakenrooi dier met sewe koppe en tien horings. Skarlakenrooi of vuurrooi is die kleur van Satan (Op.12:3), en van sonde (Jes. 1:18).

Hierdie dier oftewel wêreldryke sal hul invloed laat geld deur die bemiddeling van Satan self.

Die betekenis is dat die valse godsdienssisteem die ondersteuning van wêreldregerings in die eerste helfte van die Verdrukking sal he en sal deur heerskappye en regerings ondersteun word.

Die feit dat die hoer op die veelkoppige dier sit, dui op ʼn koalisie tussen die godsdiens- en politieke wêreld.

Hierdie vrou sit op die dier met sewe koppe wat sewe konings voorstel, sewe groot wêreldryke (Op 17:9-10).

Die tien horings dui op heerskappy (Op 17:12).

Hierdie vrou, die groot hoer, word as baie invloedryk beskryf en beskik oor groot rykdom. (Op 17:4-5)

Sy is beklee met ʼn koninklike kleed (purper) en skarlaken, wat verwys na haar dwaling en sonde (Jes. 1:18), asook baie bloed wat gevloei het.

In haar hand het sy ʼn goue beker, dit simboliseer begeerlikheid, en verteenwoordig gemeenskap.

Hierdie beker is gevul met al haar gruwels en hoererye.

Sy het dus net ʼn skyn van geestelikheid, maar binne is onreinheid, gruwels en owerspel.

Haar volle naam is geskrywe op haar voorhoof: Verborgenheid, groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

Die vrou se naam word met verborgenheid verbind.

In dié geval het die verborgenheid met Babilon te doen.

Die verborgenheid is nie Babilon self nie en ook nie die feit dat Babilon die oorsprong van afgodery is nie, dit was tog alles bekend in die Ou Testament.

Die verborgenheid is die feit dat Babilon in die laaste dae simboliseer en staan vir een, valse wêreldgodsdiens, wat in die wêreld sal heers gedurende veral die eerste helfte van die Verdrukking.

Hierdie vrou word beskrywe as die groot hoer, maar is sy ook die moeder van die hoere.

Hierdie Babiloniese sisteem het, op welke wyse ook al, aan alle valse godsdienste die lewe geskenk.

Die naam “Babilon” dui in die geskiedenis op die rebelse mensdom (Genesis), in sameswering en opstand teen God.

Die naam “Babilon” beteken “Poort na die gode.”

Ná die taalverwarring in Genesis 11 is Babilon ook met die begrip “verwarring” geassosieer.

Hier in Openbaring 17 praat Johannes van mistieke Babilon, wat ʼn valse godsdiens, heidense wêreldgodsdienste, in die eindtyd voorstel.

Hier in die dae van die Groot Verdrukking net voor die wederkoms van Jesus Christus vind ons die laaste opstand teen God. Babel (Babilon) versinnebeeld die begin van alle afgodery op aarde, die moeder daarvan; sy het die lewe daaraan geskenk.

Ons sien Babilon as die prostituut, die groot hoer, wat die bruid van die Antichris is, hierdie valse wêreldgodsdienste.

Die vrou dronk van bloed (Op 17:6)


Rev 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

Johannes het hom uitermate verwonder toe hy sien wat hierdie vrou sal bereik.

Sy is dronk van bloed:

Die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus.

Hier is twee dinge ter sprake.

Die heiliges is ʼn verwysing na Jode (die volk Israel), die getuies van Jesus is ʼn verwysing na Christene.

Albei is deur baie eeue heen vervolg.

Sy het soveel bloed gedrink van Jode en Christene wat deur die millenniums heen vermoor is, dat sy dronk van al die bloed is.

Hierdie vrou (valse godsdienste) was die oorsaak daarvan dat baie Jode en Christene ter wille van die Woord van God en hul getuienis vervolg is en gesterf het, soos ons nou ook sien gebeur in die dae van die eerste helfte van die Verdrukking.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 17: Babilon die valse Wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

No comments: