Thursday 3 December 2015

Openbaring#95: Openbaring 19: Die gebeure in die hemel


Openbaring 19 begin met lofprysing in die hemel, waarna ʼn verklaring gedoen word, dan die blydskap wat volg omdat die bruilof van die Lam aangebreek het, daarna sien ons die sigbare wederkoms van Jesus Christus uit die hemel.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Lees hier

Die wederkoms van Jesus Christus 


Op 19: Die gebeure in die hemel: Hierdie skrywe

En ná hierdie dinge . . . (Op 19:1)


Openbaring 19 begin met lofprysing in die hemel, waarna ʼn verklaring gedoen word, dan die blydskap wat volg omdat die bruilof van die Lam aangebreek het, daarna sien ons die sigbare wederkoms van Jesus Christus uit die hemel.

Chronologies volg daar dus ná die oordeel van Babilon die oorhandiging van die koningskap (Op 19:6), waarna die bruilof plaasvind en daarna die verskyning van die Koning uit die hemel (Op 19:16).

Dit is dan ook insiggewend dat Openbaring 19:10 aan ons toon dat aan alles wat met betrekking tot Jesus geprofeteer is, ʼn einde moet kom. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.

Lofprysinge in die hemel (Op 19:1-5)


Rev 19:1 En ná hierdie dinge het ek iets soos ‘n groot stem van ‘n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!

Hoofstuk 19 begin dan met dié woorde: En ná hierdie dinge . . .

Dit verwys en het betrekking op wat reeds plaasgevind het in die vorige hoofstukke (gebeurtenisse).

Pertinent word verwys na die val en verwoesting van Babilon, die groot hoer (Op 19:2).

Haar val het ons aanskou in Openbaring 16:19, ten tyde van die sewende en laaste wraakskaal.

In Openbaring 17 en 18 is die val van die valse godsdienssisteem én die val van die politieke sisteeem aan ons getoon.

Wat nou volg, is groot lofprysinge in die hemel, omdat die groot hoer geoordeel is en die Here God die bloed van sy diensknegte op haar gewreek het.

Vier maal word deur die hemelinge uitgeroep “Halleluja”.

Dit is ʼn Hebreeuse uitroep wat beteken: prys of loof die Here.

Hier in Openbaring 19, die enigste hoofstuk in die Nuwe Testament waar die woord gebruik word, vind ons die woord vier maal.

  • Die eerste halleluja het as fokus die val van godsdienstige Babilon (Op 19;2); 
  • Die tweede halleluja het die verwoesting van die stad Babilon in die oog (Op 19:3); 
  • Die derde halleluja is ʼn lofprysing aan God deur diegene wat om die troon is (Op 19:4-5); 
  • Die vierde en laaste halleluja fokus op die bruilof van die Lam wat aangebreek het (Op 19:6-7). 
Saam daarmee word vier woorde deur die menigte in die hemel gebruik om die lofprysinge van God te besing.

Die heil, heerlikheid, eer en krag aan die Here God. Hierdie vier woorde openbaar die vier eienskappe van ware aanbidding.
  • Heil – saligheid. Ware geestelike aanbidding volg op saligheid.
  • Heerlikheid – God se heerlikheid en majesteit en grootheid wek aanbidding op.
  • Eer – die Almagtige kom toe eer, respek en agting.
  • Krag – die krag van God is in staat tot alle dinge, want sy oordele is waaragtig en regverdig.
Hierdie lofprysinge word aan God in die hemel gebring deur
  • ʼn groot menigte (Op 19:1); 
  • die vier-en-twintig ouderlinge (Op 19:4); 
  • die vier lewende wesens (Op 19:4); 
  • en al sy diensknegte (Op 19:5). 
Deel van hierdie lofprysinge is die feit dat Babilon, wat rebellie en opstand teen God verpersoonlik het, nou finaal, vir ewig, geoordeel is en die feit dat God sy diensknegte se bloed op haar gewreek het.

Die Koningskap word aanvaar (Op 19:6)


Daar is al voorheen in die boek Openbaring gesê die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here en van sy Christus geword en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid (Op. 11:15).

Ook in Openbaring 12:10 hoor ons: Nou het die heil en die krag en die koninkryke die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus.

Hier in Openbaring 19 bevestig die hemelinge dat die Almagtige Koning is.

Nou het Hy die koningskap aanvaar.

Juis sien ons Hom dan uit die hemel verskyn as die Koning van die konings en die Here van die here (Op 19:16).

Die bruilof van die Lam (Op 19:7-9)


Die Lam is niemand anders nie as Jesus Christus self (Joh. 1:29; Op. 5:5-6; 7-10). 

Die vrou (bruid) van die Lam is die Kerk, sy gemeente.

Die Kerk of gemeente word ook genoem “die bruid van Christus” (2 Kor. 11:2; Ef. 5:27).

Die kerk is dus die bruid van Christus (Ef. 5:29-32). So word dit dan ook in soveel woorde bevestig in Openbaring 22:16-17. Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! . . .

Hierdie vereniging tussen Christus en sy Kerk word aan ons as ʼn huweliksverhouding voorgehou in Efesiërs 5.

Paulus stel dit ook duidelik in 2 Korinthiërs 11:2 dat hy die gemeente aan een man “verbind” het.

Hierdie woord beteken “om in die eg te verbind.”

Daarom is die Kerk dan ook mede-erfgename van Christus (Rom. 8:7), omdat die Kerk as die Bruid en vrou van Christus ʼn plek van seën en eer beklee.

Tans is die Kerk die liggaam van Christus, wanneer die bruilof van die Lam aanbreek, sal die Kerk die bruid en vrou van Christus wees.

In Openbaring 19:7-9 het ons die toekomstige bruilof of troue van die Lam wat sal plaasvind nadat die Kerk weggeraap is.

Gedurende die dae van die Groot Verdrukking sal die regterstoel-oordeel van Christus plaasvind (2 Kor. 5:10; Rom. 14:10-12; 1 Kor. 3:11-15).

Dit sal in die hemel plaasvind.

Die gelowige sal dan met fyn linne beklee word wat die regverdige dade van elke gelowige weerspiëel (Op. 19:8).

Nadat die gemeente beklee is, word die gemeente met Christus verenig op ʼn besonderse manier.

Nie meer met die Hoof van die liggaam nie, maar met die Lam, wat die Koning en Bruidegom is, terwyl sy (die gemeente) as die bruid voor Hom gestel word.

Die gaste by die bruilofsmaal (Op 19:6)


Rev 19:9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.


Die bruid het haar regmatige plek en sal dus nie na die maal genooi word nie.

Omdat die bruid die Kerk is, sal die gaste persone naas die Kerk moet wees.

Dit kan slegs die Ou-Testamentiese heiliges en die martelare uit die Groot Verdrukking wees.

In Hebreërs 12:22-23 word beskrywe wie almal in die hemel is. Die geeste van die volmaakte regverdiges (Ou-Testamentiese heiliges) sal teenwoordig wees, sowel as die martelare (Op. 6:9-11; 7:9-17). Hulle sal almal as genooides en gaste die bruilof van die Lam bywoon.

Dit is die waaragtige woorde van God (Op 19:9).

Dus, hierdie woorde sal waarlik vervul word. Dit is vasstaande. Niks kan dit ongedaan maak nie.

Hierdie profesie soos opgeteken in Openbaring 19:7-9 sal waaragtig vervul word, net soos God gespreek het.

In Op 19:6-8 sien ons die huwelikseremonie en in Op 19:9 sien ons die bruilofsfees.

Wanneer hierdie dinge vervul is, sien ons in Openbaring 21:9 die bruid is nou die vrou van die Lam.

Sy sal nou vir ewig as die vrou van Christus in die Nuwe Jerusalem op die nuwe aarde met Christus woon.

Die getuienis van Jesus (Op 19:10)


Rev 19:10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.


Toe Johannes al hierdie dinge sien en hoor, val hy neer om te aanbid voor die een wat hierdie woorde aan hom meegedeel het. Johannes word verbied om dit te doen; wel word hy beveel, aanbid God!

Alleenlik God mag aanbid word.

Ook word Johannes meegedeel: Want die getuienis van Jesus is die gees van profesie.

Letterlik: die Gees getuig deur die profesie van Jesus.

Ware profesie het Jesus Christus in fokus.

Hy is God se profesie!

Hy is die somtotaal van alle profesieë.

Dus: In wese getuig profesie (die gees van profesie) van Jesus Christus.

Alles wat met betrekking tot Jesus geprofeteer is, het tot ʼn einde moet kom. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 19: Die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier

No comments: