Wednesday 4 November 2015

Openbaring#39: Openbaring 6: Die Perde (letterlik of nie?)

Die perde in Openbaring 6 was nooit en sal ook nooit regte sigbare perde wees wat op die aarde verskyn tydens die begin van die Verdrukking nie.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Hierdie skrywe

Openbaring 6 - Die Perde: Letterlik of nie?

Dit is nie God se natuur om net diere op die aarde maak nie, en nie in die hemel nie!

Selfs die wesens in die hemel het diere gesigte!!

Hemelse perde is perde van ander liggame,  LIGGAME WAT ONS KAN SIEN, gestuur vanuit die hemel!  

Zec 1:8-9   Ek het in die nag ‘n gesig gesien—daar was ‘n man wat op ‘n bruin perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in die diepte was; en agter hom was daar bruin, vos en wit perde.  (9)  ......(10)  En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is hulle wat die HERE gestuur het om die aarde te deurkruis.  (11)....

Perde en strydwaens wat die aarde gepatroleer het, WAS SIGBAAR deur die menslike oog.

Zec 6:1-6  En ek het weer my oë opgeslaan en gekyk—daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper.  (2)  Voor die eerste wa was bruin perde, en voor die tweede wa swart perde,  (3)  en voor die derde wa wit perde, en voor die vierde wa bont perde, sterkes.  (4).... (5)  En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.  (6) .....

Geestelike perde en strydwaens WAS SIGBAAR deur die menslike oog

2Ki 6:15-17   En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ‘n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?  (16)  Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.  (17)  En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.

Jesus  en Sy leermag VERSKYN SIGBAAR tot die menslike oog vanuit die hemel op wit perde.

Rev 19:11-14  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.  (12)...... (13)..... (14)  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.

Perde VERSKYN WEL vanuit die hemel!!

2Ki 2:7-12 .....(7-9) En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog ‘n dubbele deel van u gees op my kom.  (10)  En hy sê: Jy het ‘n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie. (11) En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.  (12)....

Daar is diere op die aarde (Gen 1:24), en

Daar is diere in die hemel, al is dit van ander liggaamlike identiete (Sag 1:8-11; 2Ko 6:15-17; Op 19:11-14; 2Ko 2:7-12), en

Selfs die wesens in die hemel het diere gesigte (Op 4 : 7)

Johannes was te kenne gegee die openbarings van Jesis Christus, bedoelende dat tekens met betekenisse aan hom geopenbaar was. 

Op 6:1-2  En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!  (2)  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.

Johannes het dus gesien 'n wit perd, bedoelende die teken van valse vrede (Op 6:1-2),

Daarna het Johannes gesien 'n vuurrooi perd, bedoelende die teken van oorlog wat die voetspore van die valse vrede volg ( Rev 6:4),

Daarna het Johannes gesien 'n swart perd, bedoelende die teken van hongersnood wat die voetspore van oorlog volg (Rev 6:5),

En dan finaal sien Johannes 'n vaal perd, bedoelende die teken van dood wat dan uiteindelik sal volg (Rev 6:8).

Die perde in Openbaring 6 was nooit en sal ook nooit regte sigbare perde wees wat op die aarde verskyn tydens die begin van die Verdrukking nie.

In teenstelling daarmee , die wit perde in Openbaring 19 sal inderdaad sigbare perde wees vanuit die hemel, sigbaar tot die menslike oog tydens die tweede koms van Jesus Christus nl. Jesus se apokalips of faneros.

Die term apokalips of faneros (Jesus se openbare verskyning); Jesus sal nie in die geheim kom soos wanneer Hy sy Bruid kom haal nie, maar met Jesus se openbaarmaking of sigbaarwording na die Groot Verdrukking, sal Hy aan die hele wereld geopenbaar word as Regter en Koning, SAAM met sy Heiliges. (Sag. 4:4-5, Matt. 24:29-30, Op. 19:11 - 15)

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier

No comments: